Struktuur
Departementshoof: Me Erika Vermaak
Graad 1 | Me M. Botes (Graadhoof) | Me C. Fourie | Me V Viljoen | Me C Smith |
Graad 2 | Me A de Beer (Graadhoof) | Me E Vermaak | Me M Stapelberg | |
Graad 3 | Me M Venter (Graadhoof) | Me M Naudé | Me C Duvenhage |
Visie van die Fase
Om elke leerder in totaliteit te ontwikkel sodat hy/sy met die nodige KENNIS, VAARDIGHEDE en GESINDHEDE in die Intermediêre en Senior Fase kan aanpas en vorder.
KENNIS oor:
|
VAARDIGHEDE oor:
|
WAARDES EN GESINDHEDE oor:
|
Beleid en Werkswyse
Uitkomsgebaseerde Kurrikulum word op die agt leerareas gebou naamlik:
- Tale (Huistaal en Eerste Addisionele Taal)
- Gesyferdheid (Wiskunde)
- Lewensoriëntering
- Menslike Sosiale Wetenskappe
- Natuurwetenskappe
- Tegnologie
- Ekonomiese Bestuurswetenskappe
- Kuns en Kultuur
Bo genoemde word in drie Leerprogramme ingedeel naamlik:
Geletterdheid fokus op:
|
Gesyferdheid fokus op:
|
Lewensvaardigheid fokus op:
|
Geletterdheid; Gesyferdheid; Lewensvaardighede
- Die drie Leerprogramme word in Temas ingedeel.
- Elke kwartaal ontvang u ‘n Inligtingsbrief met meer detail rakende die drie Leerprogramme, take, opdragte of ouerhulp.
Uitstappies word onderneem soos gepas by die Temas wat behandel word. Dit geskied onder deeglike toesig van personeel en ouerhulp.
Huiswerk in die Fase
Die weeklikse huiswerkrooster lyk soos volg:
Graad 1: Eerste kwartaal
Maandag:
- Perseptuele oefening
- Insidentele lees bv. Klasname, selfgemaakte leesboekies, leeskaarte
- Aanleer van nuwe klank
Dinsdag:
- Perseptuele oefening
- Gesyferdheid: Teloefeninge, Wiskunde werkkaart
- Insidentele lees
Woensdag:
- Perseptuele oefening
- Insidentele lees
- Aanleer van nuwe klank
Donderdag:
- Perseptuele oefening
- Gesyferdheid
- Insidentele lees
Die huiswerkrooster verander na die aanleer van klanke en dan volg hulle die res van die Grondleggingsfase se huiswerkrooster.
Graad 2 en Graad 3 (die hele jaar)
Maandag:
- Woordbou en lees (groepleesboek of aanvullende leesboek)
Dinsdag:
- Gesyferdheid en leesstuk (woordbou of tema leesstuk)
Woensdag:
- Sinne (woordbou) en lees (groepleesboek of aanvullende leesboek)
Donderdag:
- Inskerping van spelwoorde en leesstuk (woordbou of tema leesstuk)
Engelse mondelinge-, klank- en leeswerk word soms in Graad 2 en 3 gegee en sal in die huiswerkboekie aangeteken word.
Daar word baie klem gelê op Leesvaardighede, en daarom word leerders in die klas gemotifeer om te lees deur ‘n spesiale “Lees aanmoediging stelsel”.
Aan die einde van die jaar word leerders wat ‘n sekere hoeveelheid boeke gelees het, vergoed deur ‘n uitnodiging vanuit die Hoof se kantoor, om saam met hom ‘n koeldrank of tee in die personeelkamer te geniet.
Rapporte
Aan die einde van elke kwartaal ontvang u ‘n rapport rakende u kind se vordering.
Dit moet geteken word en aan u kind se klasonderwyseres teruggestuur word voor die skole elke kwartaal sluit.
Algemeen
- Merk asb. alle skoolitems (skoene, kouse, kosblikke, skryfbehoeftes, tasse, ens.)
- Nie elke dag Snoepiegeld nie. Maak asb seker dat alle gelde veilig in ‘n beursie om die nek gedra word. Geen aankope voor skool by die Snoepie nie. Slegs bestellings vir broodjies kan geplaas word.
- Alle ander gelde moet in ‘n toegeplakte koevert geplaas word met die leerder se naam op en waarvoor dit is.
- Vrydae trek leerders Skool Spandrag aan, asook op die dae wanneer die leerders KDA het. U sal in kennis gestel word van die rooster. Leerders moet asb. hou by die Spandrag en nie ander klere nie.
- Naskoolleerders se huiswerk word wel by die naskool gedoen, maar dit bly die ouer se verantwoordelikheid om dit te kontroleer en dit te teken. Aanvullende lees bly nog steeds die ouers se verantwoordelikheid.
- Moet asb. nie die onderwyseresse in klastyd steur of skakel nie. Maak ‘n afspraak deur die kantoor.
- Ter wille van die veiligheid van ons kinders, moet ouers eers by die kantoor aanmeld vir ‘n besoekerskaartjie, voordat hulle in klastyd op die terrein beweeg.
- Aangesien die skool vir Gr. 1 en 2 leerders om 13:00 verdaag, is daar ‘n wagklas vir die leerders wie se ouers hulle eers om 13:30 kom haal.
- Pouse: Leerders in die Grondleggingsfase het ‘n afsonderlike speelterrein. Hier word gedurende pouse toesig gehou deur personeel en Leerlingraad. Leerders word nie toegelaat om na die speelterrein van die senior leerders te gaan of andersom nie, aangesien ons die veiligheid en geluk van die junior leerders wil verseker
ONTHOU, U INSETTE, BELANGSTELLING EN PROFESSIONELE KENNIS WORD ALTYD VERWELKOM.