UIT DIE HOOF SE KANTOOR

SPESIALE NUUSBRIEF 2/2015 - (4/8/2015)
24 Maart 2015 Geagte ouers Ons het die einde van ‘n baie besige en soms moeilike kwartaal bereik. Almal verdien ‘n heerlike ruskans. Ons kinders wat altyd gereed is om... [...]

 

Welkom by Laerskool Edleen


img0108Hierdie webblad dien slegs as inligtingstuk oor ons skool met die basiese inligting wat ouers, en veral nuwe ouers nodig het.

Laerskool Edleen is een van slegs vier enkelmedium Afrikaanse Laerskole in Kempton Park. Dit is vir ons belangrik om as n Afrikaanse skool die toekoms in te gaan. Hierdie is ‘n skool waar ons, ons kinders die geleentheid wil gee, om in hul moedertaaltaal, kultuur en godsdiens onderrig te word.

Ons slagspreuk die afgelope klompie jare is: “Ons kompeteer suksesvol!” Kinders moet geleer word om suksesvol te kompeteer. Nie net teen ander nie, maar die belangrikste van alles, teen hom-/haarself. Nooit wen teen alle koste nie, maar die wete dat ek my bes probeer het.

Kinders kry by Edleen die geleentheid om hul individualiteit uit te leef, en ons skram weg daarvan om bliksoldaatjies vir die toekoms voor te berei.

Kom ervaar gerus Laerskool Edleen-gasvryheid.